Voorblad

Sorteer volgens datum: Februarie 2018

Donderdag, 22 Februarie 2018 17:41

Aswoensdag

Aswoensdag is die begin van die veertig dae Lydenstyd. Lydenstyd is ‘n tyd van selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed en diens aan ander. Dit is ‘n tyd om nóg meer as gewoonlik die Bybel te lees en te oordink. Deur dit alles berei ons voor vir Paasfees, wat die hoogtepunt van die kerklike jaar is.

PalmkruisDie gebruik met Aswoensdag is dat die palmtakke van die vorige jaar se Palmsondag verbrand word, met olyfolie gemeng word en dan in die vorm van ‘n kruis op die voorkop of handpalms van lidmate gevorm word met die woorde “mens, dink daaraan dat jy stof is en tot stof sal terugkeer”. As is egter nie net ‘n teken van ons verganklikheid nie, maar ook van boetedoening (vgl. die gebruik om as op die kop te strooi as teken van berou). Daarom is die Aswoensdag-liturgie ‘n geleentheid vir boetedoening en verootmoediging met die oog op die lydenstyd wat voorlê. Soms het mense hul sondes op papiertjies geskryf en dit saam met die palmtakke verbrand.

Sommige gemeentes het die gebruik om die vorige jaar se palmkruisies wat Palmsondag uitgedeel is op Aswoensdag of Eerste Lydensondag te verbrand en dan die die as- olyfolie mengsel te gebruik on kruise op die voorkop of hand tydens die erediens te maak. Sommige doen dit so: Die voorganger teken met sy/haar duim ʼn askruis op elkeen se voorkop en sê die volgende woorde: “Aanvaar die versoening met God wat Christus bewerk het” (2 Kor 5:20). Gemeentelede antwoord met: “Ek aanvaar dit.”

Maak 'n uitstal tafel in die huis of in die kerk gereed. Die volgende items kan op die tafel geplaas word om die Aswoensdagboodskap tuis te bring: Houertjie met palmblare- kruisies. Botteltjie olyfolie. Hoertjie met as wat vooraf gemaak is.

As simbool van toewyding word jy ook aangemoedig om in hierdie tyd te vas deur jou te weerhou van ’n aangename voedselsoort of aktiwiteit wat ’n gemis in jou lewe sal veroorsaak. Dit is nie net om op te hou om iets te eet, of om iets spesiaals te doen nie. In die tyd wat ek Uitstaltafelhierdie vas beoefen, dink ek aan God se liefde en wat Hy bereid was om vir my te doen.

Verander jou status op Facebook, WhatsApp, ens. Gebruik aardse agtergronde en prentjies van kruise om jou te herinner dat jou taak is om die te help om die pyn an swaarkry van die wêreld te help verlig. Jy kan ook tekse plaas wat jou en ander sal motiveer vir hierdie wonderlike taak.

Uitnodiging!
Vul asseblief hierdie kort artikel aan met idees en projekte wat julle doen om Aswoensdag mee te vier. Onthou dat jul projekte ook op ons Kalender adverteer kan word! As jul gebede nodig het vir die projekte kan dit hier versoek word.

Bronne:

1.    Handleiding vir die Erediens van die Nederduitse Gereformeerde Kerk
2.    Gebedeboek met Liturgiese Voorstelle van die Sinodale Eredienskommissie van die Oos-Kaapse Sinode van die NG Kerk
3.    Preekmateriaal en PowerPoints hier beskikbaar.

Grafieke en fotos: Kopiereg. www.dominee.org.za.
Saamgestel deur Dirk C Lourens (vdm). 14.02.2018. www.dominee.org.za.

Gepubliseer in Kerkjaar
BAIE WELKOM BY DIE NUWE DOMINEE.ORG.ZA - Die Woord vir almal! Liewe Bedienaar / Luisteraar van Die Woord. Het jy goeie Christelike boodskappe wat iewers in 'n boek, rak of rekenaar lê en stof vergaar in plaas daarvan dat dit mense se lewens verander? Voel jy dikwels dat dit hartseer...
Die Epifanie-fees val op 6 Januarie. Die tyd daarna word die tyd ná Epifanie of soms ook gewone tyd genoem. Die Epifaniesiklus behels die viering van Epifaniefees en die volgende Sondae tot op Sondag van Verheerliking. Met Sondag van Verheerliking word Jesus se verheerliking op die berg herdenk. Verheerlikingsondag lei...
Aswoensdag is die begin van die veertig dae Lydenstyd. Lydenstyd is ‘n tyd van selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed en diens aan ander. Dit is ‘n tyd om nóg meer as gewoonlik die Bybel te lees en te oordink. Deur dit alles berei ons voor vir Paasfees, wat die hoogtepunt van...
Die Christelike kerkjaar is gebou rondom die groot Christelike feeste. Dit begin by Advent met Kersdag as fokus. Epifanie begin 6 Januarie en eindig met die Sondag van Verheerliking. Die volgende groot fees is Paasfees maar dit word voorafgegaan deur die 40 dae van Lydenstyd. Lydenstyd word ingelei deur Aswoensdag...
Kleure Op Goeie Vrydag en Stilsaterdag word geen kleure of enige versierings gebruik nie. Dit staan in kontras met die baldadigheid van die versierings en kleure wat gebruik word op Paassondag en die tyd daarna. Die kanselkleed kan wel met 'n swart doek vervang word. Kerse word nie aangesteek nie...

Registreer of teken in om te publiseer en/of kommentaar te lewer en nuus te ontvang

Nog nie 'n lid nie? Registreer

Soekfunksie

Oorweeg asb 'n donasie vir die instandhouding en ontwikkeling van Dominee.org.za

Google+